Gemeentebedieninge
In watter bediening stel jy belang?
Die Versorgbediening sien om na die fisiese en geestelike nood van mense in ons gemeente en in ons gemeenskap. Hulp word op verskeie terreine aangebied: van die uitreik na en hulp aan bejaardes tot die voorsiening van kos en klere aan behoeftige gesinne.
Deur die Versorgbediening lewer die gemeente ‘n jaarlikse finansiële bydrae aan Laerskool Meyerspark om behoeftige kinders te help, Huis Silversig vir die versorging van bejaardes, en die CMR vir die werk wat hulle in die gemeente en in die gemeenskap doen.
Die gemeente dra ook jaarliks aan die einde van die jaar by tot die Kersvreugdefonds in die vorm van nie-bederfbare produkte of kontant wat aangewend word waar daar nood is.
Lede van die Versorgbediening maak gereeld kontak met lidmate wat siek is en wie se name op ons gemeente se gebedslys verskyn om hulle te bemoedig en te verseker van die kerkraad en die gemeente se voorbidding en ondersteuning.
Enigiemand wat betrokke wil raak by die Versorgbediening kan Allen Lourens skakel by 082 784 3449.
Die finansiele bediening take en funksionering:
Die bediening sien homself as die ligaam wat daar gestel is om die finansies van die kerk op ‘n verantwoordelike manier te bestuur .
Dit behels verskillende vlakke van bestuur . Eerstens op die gemeente vlak nl. Die daarstel van ‘n begroting wat personeel, herhalende uitgawes, sinodale en ander bestuursuitgawes betref.
Die bediening in samewerking met die ander bedienge besluit dan oor die omvang van hulle uitgawes . Daar is jaarliks baie instansies wat ons om bydraes nader, dit is derhalwe nooit moontlik om aan al die versoeke te voldoen nie.
Die finansiele bediening kyk ook op ‘n deurlopende basis na die invordering van die maandelikse bydraes van gemeente lede en kyk na alle moontlike maniere om die hantering van geld so veilig en ook kostedoeltreffend te hou.
Tans bestaan die bediening uit 2 dames en 4 mans waarvan 2 die dominee’s is. Dit is nie nodig om kundig in finansies te wees nie maar eerder om oor goeie bestuursondervinding te beskik.
Wie is almal Seniors? Vir ons is die antwoord maklik – enige iemand wat hulself as ‘n senior ag kan by die Seniorbediening se werksaamhede kom inskakel.
Die meerderheid van die Seniorbeniening se werksaamhede vind weekliks op ‘n Woensdag plaas. Dit begin om 9:00 met ‘n Bybelstudie en ‘n uur daarna neem ons deel neem aan die program wat deur die seniors vir daardie besondere dag beplan is. Die program word ses-maandeliks vooruit opgestel en is altyd beskikbaar by die bediening self of by die kerkkantoor. Dit sluit onder andere aktiwiteite soos Bingo, teelepelete, witolifant tafel en die so meer in.
Ons beoog om altyd die byeenkomste so ingeklee word dat seniors altyd deel daarvan kan wees – bv sielsverrykend; gesonde sosiale verkeer; ontwikkeling van fyn motoriese beweging; opvoedkundige speletjies; deelname aan projekte buite en binne gemeente grense; opvoedkundige besoeke aan instansies binne die gemeente of binne stadsgrense; spesialis sprekers oor onderwerpe wat kennis verbreed; en vele meer.
Hoe word mens deel? Enige een is enige tyd welkom om by ons te kom aansluit. Ons vat gewoonlik nuwelinge se besonderhede om hulle op hoogte te hou van enige ontwikkeling en om hulle geluk te kan wens op hulle verskeie verjaarsdae. Julle is natuurlik ook enige tyd welkom om myself die kerkkantoor te kontak vir meer inligting
Dankie
Ben Du Plessis
Verheerlikbediening
Die bediening se opdrag is dat God verheerlik word in die erediens en deur ander aksies.
Aksies rakende die Erediens
- Projeksie op die skerm en klankversterking
- Gemeentesang en orrelverwante sake
- Reël deurdiens
- Stel sendingvoorlesings saam
- Koördineer met erediensdiakens
- Maandelikse opdatering van gemeente-embleme in die kerk
- Bedink vernuwing in die erediens
- Beplan spesiale dienste: Maand van gebed, Lydenstyd, Goeie Vrydag, Paassondag,
- Hemelvaart en Pinkster, Kerssangdienste, Lentefees erediens, nagmaalgeleenthede.
Ander aksies
- Deelname aan die jaarlikse Via Dolorosa aksie van die gemeente
- Skryf vir die Goeie Nuus
- Gemeentelike gebedsaksies – weekliks en maandeliks
- Spesiale gebedsaksies: verkiesings, dankdae
- SMSe en e-posse met gebedsversoeke
- Daaglikse gebedspunte per WhatsApp tydens die staat van inperking
- Identifiseer behoeftes ten op sigte van die infrastruktuur benodig tydens die erediens: rekenaarsen sagteware, projektors, moederkamer, projeksie in die konsistorie
Waarvoor bid ons?
Bid saam met ons vir wysheid om die gemeente op so ‘n manier te bedien dat daar werklik geestelike groei in die plek van stagnasie sal kom.